0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (1)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover): N. P. van Wyk Louw N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover)
N. P. van Wyk Louw; Edited by Deborah Steinmair, Kristel de Weerd
R568 Discovery Miles 5 680 Ships in 4 - 8 working days

Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee, met ’n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe.

Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom."

Die Ritme van die Reen (Afrikaans, Hardcover): Grahame Baker-Smith Die Ritme van die Reen (Afrikaans, Hardcover)
Grahame Baker-Smith; Illustrated by Grahame Baker-Smith; Translated by Deborah Steinmair
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days
Moestas (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair Moestas (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R76 Discovery Miles 760 Ships in 4 - 8 working days

Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir die grusame moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.

As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?

En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?

Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Gift - 12 Lessons To Save Your Life
Edith Eger Hardcover R527 R429 Discovery Miles 4 290
Self-Love Workbook for Women - Release…
Megan Logan Paperback R467 R387 Discovery Miles 3 870
Own Your Awkward - How To Have Better…
Michelle Morgan Paperback R394 Discovery Miles 3 940
Good Vibes, Good Life - How Self-Love Is…
Vex King Paperback  (4)
R350 R273 Discovery Miles 2 730
Self-Motivation Quotes for Women - Words…
Briana Hollis Paperback R378 R315 Discovery Miles 3 150
Together - The Healing Power Of Human…
Vivek H. Murthy Paperback R527 R397 Discovery Miles 3 970
The Human Condition - A Pathway to Peace…
Bob Yari Paperback R368 R303 Discovery Miles 3 030
Be A Triangle - How I Went From Being…
Lilly Singh Hardcover R401 R100 Discovery Miles 1 000
Claiming Your Tgitoday - A Step-By-Step…
Brianne Ligori Paperback R591 R483 Discovery Miles 4 830
The Everyday Hero Manifesto - Activate…
Robin Sharma Paperback  (3)
R330 R264 Discovery Miles 2 640

 

Partners